Plastiek-vrye Julie

Plastiek-vrye Julie is ‘n globale beweging waaraan miljoene mense wêreldwyd jaarliks deelneem. Die beweging daag mense uit om tydens die maand Julie doelbewus te kies om enkelgebruik-plastiek te vermy, óf die GROOT 4 (plastieksakke, plastiese bottels, strooitjies en wegneem-koffie-bekers) te weier, òf om heeltemal plastiek-vry te leef.

Fay en Peet (& Amélie) daag die gemeente uit om Julie-maand saam met hulle sover moontlik plastiekvry te leef. Indien jy óf julle huishouding hierdie uitdaging wil aandurf kontak gerus vir Fay. Volg hulle plastiek-vrye reis op die gemeente se Facebook- en Instagram blaaie. Loer ook gerus na die gemeente se webblad vir daaglikse wenke.

 

PLASTIEK VRYE(R) JULIE WENK 1
Oorweeg om eerder produkte in glas bottels te koop. Omdat alle glas herwin kan word is dit ‘n baie goeie alternatief tot enkelgebruik plastiese verpakking. Glas bottels kan ook weer gebruik word om rys, suiker, pasta, speserye ens in te stoor voordat die glas herwin word.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

PLASTIEK VRYE (R) JULIE WENK 2
Om groente en vrugte te koop wat nie in plastiek van een of ander aard verpak is bly uitdagend. Selfs die groente en vrugte by ons plaaslike groente winkel en kosmarkte is baie male in plastiek verpak. Daarom is ons so opgewonde oor Vula Food Shack se diens. Vula Food Shack werk nou saam met ‘n nie-winsgewende organisasie in die Winterveld. Hulle lewer weekliks vars groente, vrugte en blomme by jou huis af en daar is nie ‘n stukkie plastiek in sig nie. Loer gerus na hulle Facebook of Instagram blad vir meer inligting. Of kontak vir Elze by 083 938 5511.

  

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

PLASTIEK VRYE(R) JULIE WENK 3
Los tee-blare is ‘n wonderlike plastiek vrye alternatief. Ons het die heerlikste Turkse tee aanlyn by The Refillery gekoop. Loer gerus na hulle aanlynwinkel by www.therefillery.co.za vir heerlike tee en ander produkte.

    

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

PLASTIEK VRYE(R) JULIE WENK 4
Een van die maniere waarop ons ons huishouding se plastiek-verbruik probeer verminder is om melk by Irene plaas te gaan koop. Ongelukkig weens covid-19 regulasies mag hulle nie aan ons melk in ons eie glasbottles verkoop het nie. En is ons geplig om ‘n 5liter plastiese emmer by hulle te koop. Maar ons hoop om die emmertjie vir lank te gebruik. Deur weekliks melk met ons plastiese emmer te koop spaar ons ‘n hele paar enkelgebruik plastiek melkbottels per week.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

PLASTIEK VRYE(R) JULIE WENK 5
Om ‘n bottel vloeibare seep met ‘n koekie seep te vervang is ‘n eenvoudige manier om enkelgebruik plastiek in jou huis te verminder. Dove seep is ‘n goeie keuse aangesien die karton-verpakking herwinbaar is.                                                        

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

PLASTIEK VRYE(R) JULIE WENK 6
As julle, soos ons, regte koffiepotte is oorweeg gerus om koffie-bone in grootmaat te koop. Ons het Fairtrade bone aanlyn by The Refillery gekoop. Hulle word in ‘n papierverpakking by jou huis afgelaai. As jy van kitskoffie hou is Dough Egberts ‘n goeie plastiek-vrye keuse. Hulle glas bottel en deksel kan gebruik word om suiker, pasta ens in te stoor voordat dit herwin word.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

PLASTIEK VRYE(R) JULIE WENK 7
‘n Glas waterbottel is ‘n wonderlike manier om jou enkelgebruik-plastiek-spoor kleiner te maak.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

PLASTIEK VRYE(R) JULIE WENK 8
Ons moes langer as gewoonlik voor die lekkergoedrak by ons plaaslike Spar staan, maar kon darem ‘n paar lekkers wat nie in plastiek verpak is nie opspoor.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

PLASTIEK VRYE(R) JULIE WENK 9 

Beewax wraps is ‘n wonderlike alternatief tot die plastiek waarmee baie van ons toebroodjies en oorskietkos toemaak. Dit kan om enige vorm bak gevorm word met die hitte van jou hande en kan hergebruik word. 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

PLASTIEK VRYE(R) JULIE WENK 10

Lap ‘deksels’ is nog ‘n wonderlike alternatief tot kleefplastiek. Ons het hierdie pragtige een by Spaza gekoop. Spaza se produkte is handgemaak deur vrouens wat vanuit hulle huise werk in en om Kaapstad. Hierdie ‘deksels’ kom in verskillende groottes, vorms en ontwerpe. Loer gerus na spazastore.com vir meer inligting.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

PLASTIEK VRYE(R) JULIE WENK 11
Herbruikbare inkopie-sakke is ‘n maklike manier om jou enkelgebruik plastiek verbruik te verminder.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

PLASTIEK VRYE(R) JULIE WENK 12
Oorweeg om kruie in jou tuin óf in potte op jou stoep of in jou kombuis te plant. Nie net spaar jy op plastiese verpakking nie, maar jy het altyd heerlike, vars kruie tot jou beskikking.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 
PLASTIEK VRYE(R) JULIE WENK 13 
Nog ‘n wonderlike manier om plastiek te spaar is om jou eie skoonmaakmiddels te maak. Ons het ‘n ‘n maklike resep vir skottelgoedmasjien-blokkies by therefillery.co.za gekry. 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
PLASTIEK VRYE(R) JULIE WENK 14
Tuisgemaakte skoonmaakmiddels is nog ‘n manier om plastiek vryer te leef. Vir ‘n algemene skoonmaakmiddel meng gelyke hoeveelhede water en wit asyn. Voeg suurlemoenskil en roosmaryntakkies daarby en laat staan vir ‘n week.
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
PLASTIEK VRYE(R) JULIE WENK 15
Het jy geweet: Meeste wegdoenbare papier-koppies is nie herwinbaar nie agv ‘n dun plastiek lagie aan die binnekant van die beker. Neem ‘n beker of reis-beker saam wanneer jy weer by jou gunsteling koffie-winkel stop vir jou wegneem-koffie. Die Corner Shop Neighbourhood Cafe in Club laan, Waterkloof heights is nie net bereid om vir jou koffie in jou eie beker te maak nie, maar gee R2 afslag vir ‘n koppie koffie in jou eie beker.
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
PLASTIEK VRYE(R) JULIE WENK 16
Hierdie gehekelde lappies is ‘n wonderlike alternatief tot die katoenballetjies waarmee baie van ons ons grimering verwyder. Hierdie is tuisgemaak, maar jy kan bestel by www.theunwrappedco.co.za
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
PLASTIEK VRYE(R) JULIE WENK 17
Herbruikbare strooitjies is ‘n wonderlike plastiek- vrye alternatief. Daar is verskillende soorte beskikbaar en hulle kom gewoonlik met ‘n borseltjie waarmee hulle gewas kan word, asook ‘n sakkie om hulle in te stoor.
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
PLASTIEK VRYE(R) JULIE WENK 18
Koop varsgebakte brood by ‘n plaaslike bakkery. Nie net spaar jy op plastiese verpakking nie, maar jy ondersteun ook ‘n plaaslike besigheid (en eet beter brood). 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
PLASTIEK VRYE(R) JULIE WENK 19
‘n Babatjie kan tot 6000 weggooi doeke gebruik. Lapdoeke is ‘n wonderlike plastiek-vrye alternatief. En hulle is makliker om te gebruik as wat jy dink.
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
PLASTIEK VRYE(R) JULIE WENK 20
Wanneer jou skottelgoedsponsies en -lappies opgebruik is, oorweeg dit om hulle met meer natuurlike produkte te vervang. Daar is verskeie opsies beskikbaar. Loer gerus na theunwrappedco.co.za 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
PLASTIEK VRYE(R) JULIE WENK 21
Herbruikbare katoen of ‘mesh’ sakkies, waarin los groente en vrugte verpak kan word, is ‘n wonderlike alternatief tot die enkel-gebruik plastiese sakkies wat in winkels gebied word. 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
PLASTIEK VRYE(R) JULIE WENK 22
Nadat ek die foto van die seeperdjie, wat aan die oorstokkie vasklou, gesien het voel ek elke maal skuldig as ek my ore skoonmaak. Daarom was ek baie opgewonde om hierdie oorstokkies by Dischem raak te loop. Hulle word van herwinde papier gemaak. En kan op die komposhoop gegooi word. 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
PLASTIEK VRYE(R) JULIE WENK 23
Bamboes tandeborsels is nog ‘n wonderlike plastiek vrye alternatief.
 
Scroll to top