top of page

SORG

Die lewe van ‘n gemeente word bepaal deur die onderlinge verhoudinge tussen gemeentelede.  ‘n Gemeente is mense wat bymekaarkom om die liefdevolle en omgee-liggaam van Christus te wees. 

​

In ‘n gemeente soos Stellastraat, met ongeveer 3,000 lidmate, is dit onmoontlik dat alle lidmate mekaar ken, wat nog daarvan dat almal met mekaar in ‘n omgee-verhouding kan wees.  Maar ons gaan nie ophou om situasies te skep waar soveel as moontlik van die lidmate mekaar ken, en hulle ingesteldheid van omgee teenoor mekaar uitleef nie.

​

Lede van Diensgroep Onderlinge Sorg skep geleenthede waartydens lidmate dinge saam kan doen en mekaar beter kan leer ken.  Die diensgroep is lidmate se geleentheid om by enigeen van die volgende  terreine te dien.  

 

  • Saam te dink oor moontlikhede om mekaar beter te leer ken en saam met ander te kan dien.

  • Gemeentefees (jaarliks)

  • Gemeente-ete (kwartaalliks)

  • Wegbreeknaweek (jaarliks)

  • Gemeente-toere (twee-jaarliks)

  • Senior lidmate bediening

  • Senior lidmaatbyeenkomste (kwartaalliks)

  • Wildtuintoer (jaarliks)

  • Siekebediening 

  • Omgeegroepe 

  • Staptoere (jaarliks)

  • Gesinsbyeenkomste (jaarliks)

  • Manne-aande (jaarliks)

  • Lees- en geselsgroep

  • Nuwe lidmate

 

As jy jou gawes hier wil uitleef en hier jou diens wil lewer, skakel Anton Pienaar by 083 458 8712‬‬.

  • Facebook - White Circle

NG KERK STELLASTRAAT © 2021

bottom of page