top of page
Search
Writer's pictureAnton Pienaar

Wat se Kersgeskenk kan ek gee!

Ek weet nie wat om te gee nie! Wat se kersgeskenk moet ek vir my boetie, my ma, my niggie gee? Ons is almal saam dié Kersfees. En dit is baie lekker om mekaar weer te sien – maar wat se kersgeskenke kan ek gee? Wat nie te duur is nie, maar tog betekenisvol?


Dit is een deel van die storie. Die ander deel is dat ons dikwels maar dun van nerf is tussen familie. Ons vang vlieë oor mekaar se kinders, honde en gewoontes. En as ons te lank bymekaar is, dan klap ons hard na die vlieë wat ons op ander sien sit.


Die beste wat ons kan doen, is om in die kersseisoen die beste mens te wees wat ek kan wees! Om elke mens wat deel van jou lewe gaan wees, volledig te aanvaar vir wie hy of sy is. En om al die liefde en omgee wat jy het uit te stort op hulle lewens. Doen jou eie Verlosser na! Verlos mense van hulle bangwees vir jou oordeel, jou altyd beter-weet, jou ingesteldheid van ‘ons doen dit op my manier en geen ander manier nie’. Wees oop, inskiklik, sag en dankbaar – dit is die heel beste en duurste kersgeskenk wat jy kan gee! Geseëndheid vir die Kersseisoen van 2022 toegewens!


19 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page