The places you see. The people you need. The books you read. Neil Cornelius het my aan die uitdrukking bekendgestel toe ons onlangs een oggend vroeg ‘n kort stappie in die pragtige landskap van Bavaria gedoen het. What defines you as a person? Dié uitdrukking hou nie op om in my kop te maal nie. Ek besef daar is baie waarheid in die drie kort sinnetjies. Die plekke wat ‘n mens besoek en beleef, maak jou kop oop om te besef daar is ‘n ander - en dikwels wonderlike - wêreld buite die ruimte waarin ek en jy leef. Nagedink, niemand van ons kan sonder die mense wat elke dag deel van jou is, leef of regkom nie. En die boeke wat ons lees verryk ons verbeelding, vermenigvuldig ons kennis, hou ons breine fiks.
Ons dink maar min oor die voorregte wat so gereeld oor ons pad kom. Daar is mense wat ‘n hele leeftyd net op een plek woon, wat hoewel hulle in ‘n groep hulle lewenswaarde vind, is baie nie aan dinamika van uitgebreide literatuur blootgestel nie. Soms oorweldig die gedagte my, en ‘n soort skuldgevoel (embarrassment) ontstaan – hoekom val die dice vir party so goed, en ander trek net kort lootjies? Wanneer jy in geloof in deernis daaroor nadink, maak dit jou ook wie jy is.
Comments