Jy het stilgebly toe jy nie moes stilbly nie. Jy het die onreg gesien, maar geswyg. Jy is aandadig. Dit is wat Regter Zondo, voorsitter van die kommissie wat staatskaping ondersoek het, vir die eerste burger van Suid-Afrika, President Rhamaposa, gesê het.
Dit is iets wat ons almal moet weet. As jy jou oë toemaak vir onreg, keur jy per implikasie die wandaad goed. En as die eerste burger van ‘n land, die mens wat moet voorloop, wegkyk as hy misdaad sien, is die land in die moeilikheid.
Waarom sou mense van die onreg wegkyk? Omdat hulleself iets het om weg te steek? Om hulle eie ambisies te beskerm? Om hulle familie te beskerm? Dit is natuurlik iets wat dikwels in Afrikaanse gemeenskappe ook voorkom.
In die ‘teregwysing’ van die land se eerste burger, het Regter Zondo ons almal aangespreek. Hy wys ons daarop dat die nastreef van geregtigheid nie net praatjies moet wees nie. En dat stilbly in sekere omstandighede ‘n sonde is. ‘n Sonde teen medemense. ‘n Sonde teen God (ongeregtigheid).
Comentarios