top of page
Search
Writer's pictureAnton Pienaar

Is die Veelpartyhandves ‘n olyftak?

As jy in politiek is, is jy in onstuimigheid. Mense wat in die politiek tot posisies verkies word, kry die voorreg om die samelewing te ‘struktureer’. Hulle kan die wette maak. Hulle kan besluit oor die wyse en gehalte van onderrig in die land. Hulle kry die voorreg (of las) om die land se beursie te dra. Hoe geld in die beursie moet kom, en hoe geld gespandeer moet word. Alles om die mense wat vir hulle gestem het, se belange te dien. Hulle kies ook die land se maatjies. En draai ook hulle rug op wie hulle nie as maatjies wil hê nie.


Mense boks mekaar om in die politieke saal te kom. Dit is meer soos die hokgevegte, dit is spreekwoordelik guur, skop, klap en as dit sou kon, byt ook. Want as jy eers in die saal is, kan jy die perd stuur na waar jy wil wees. Vir almal wat Suid-Afrika se ‘nuwe wording’ die afgelope byna 30 jaar gevolg het, is dit duidelik, die ANC se strukturering van die samelewing (sy politiek) het nie vir die land se mense geluk gebring nie. Daarom is dié week se geboorte van ’n Veelpartyhandves soos ’n olyftakkie. Net dalk is hier ’n klomp mense, wat wesenlik so van mekaar verskil, wat tog regtig bereid is om hulle gevegskuns eenkant te laat ter wille van die mense van Suid-Afrika? Dalk moet geloofsgemeenskappe die Veelpartyhandves aanmoedig om by hulle voornemens te hou? Dalk moet geloofsgemeenskappe die daaglikse gewete van die nuwe beweging word?


Een ding wat geloofsgemeenskappe kan doen is om ouer en jonger mense aan te moedig om mee te leef in ontwerp van die land se toekoms. En ook aan te moedig om hulleself te registreer en teenwoordig te wees dat die dag as daar weer ’n keuse gemaak moet word aan wie ons die geleentheid van die saal wil gee. Geloofsgemeenskappe het ’n verantwoordelikheid in die strukturering van die land!

5 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page