Jane Marczewski, beter bekend as Nightbirde, is die afgelope week op die jong ouderdom van 31 oorlede. Sy het bekend geword danksy ‘n optrede op AGT waar sy die gesogte Golden Buzzer gekry het. Hierdie jong skraal vrou met die mooi oë het op die verhoog gestap, in enkele woorde vertel van die kanker in haar liggaam en toe ‘n eie komposisie met die titel “It’s OK” gesing.
In die gesprek voordat sy begin sing het, was dit gou duidelik dat sy ‘n diep beleë wysheid in haar ronddra. Toe een van die beoordelaars uitvra oor hoe sy voel, was die antwoord die woorde van die lied. “I’m OK” en voeg sy by “You can’t wait until life isn’t hard anymore, before you decide to be happy”. Toe ek Maandag die nuusberig sien dat sy oorlede is, het ek weer na die opname van haar optrede gaan kyk. Roerend, om die minste te sê. Op haar blog lees ek toe ‘n stuk waarin sy reflekteer oor haar lyding en waar God in dit alles inpas.
“I have called Him a cheat and a liar, and I meant it. I have told Him I wanted to die, and I meant it. Tears have become the only prayer I know. Prayers roll over my nostrils and drip down my forearms. They fall to the ground as I reach for Him. These are the prayers I repeat night and day; sunrise, sunset. Call me bitter if you want to—that’s fair. Count me among the angry, the cynical, the offended, the hardened. But count me also among the friends of God… Even on days when I’m not so sick, sometimes I go lay on the mat in the afternoon light to listen for Him. I know it sounds crazy, and I can’t really explain it, but God is in there—even now. I have heard it said that some people can’t see God because they won’t look low enough, and it’s true. Look lower. God is on the bathroom floor”.
Dit is duidelik dat Jane Marczewski diep insig in die betekenis van Christus se lyding en die betekenis daarvan vir ons gehad het. Met haar deurleefde verstaan van God het sy ons diep geraak.
Коментарі