top of page
Search
Anton Pienaar

Dit is ons almal se kerk!

Elke jaar is ons versigtig. Daar is ‘n verleentheid in ons vra. Mense is tog so besig. En ons wil nie besige mense nog besiger maak nie. Daarom die huiwering as ons vra of daar nie tog lidmate is wat kan kom help met iets wat by die kerk gedoen moet word nie.


Ek wens dit was anders. Dit is mos almal almal se kerk. Dit is in ons almal se belang dat die aktiwiteite van die kerk effektief is. Die kerk behoort nie aan ‘n klein groepie mense en die res van die lidmate is maar net toeskouers nie.


Dit is net soveel jou kerk as wat dit my kerk is. Dit behoort vir jou net so belangrik as vir my te wees dat ons ‘n suksesvolle werkende gemeente sal wees wat ‘n verskil in ons gemeenskap maak. As jy een van die mense is wat net agteroor sit en kyk waar jy kan fout vind, dan maak jy eintlik jou eie kerk seer.


Maak eerstens ‘n verskil met jou gesindheid. En dan, oorweeg dit om te kom help om die kerk se lewe aangenaam en doelgerig te maak. Kom help jongmense wat in die Jeuggroepe van iemand iets moet leer. Kom help om die las te verlig wanneer ons na iemand uitreik wat nood het. Kom help om die erediens te laat glad verloop, kom gebruik jou musiektalent, kom help die persone met die kleuterkerk, kom help om ‘n funksie of ‘n uitstappie te reël. Wat ook al jy by die kerk kom doen, gaan nie jou lewe inhibeer nie, inteendeel, jy gaan ander se lewe beter maak, asook jou eie! Onthou die kerk behoort aan jou!


9 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page