top of page
Search
Writer's pictureAnton Pienaar

Die wonderwêreld van die Krugerwildtuin

Ek het in my lewe nog net twee mense teegekom wat niks van die Krugerwildtuin hou nie. Wat sê dat hulle dit uiters vervelig vind om ure lank so stadig te ry en te soek na diere. “As ek wil diere sien, dan gaan ek sommer dieretuin toe”, het die een man laasweek nog vir my gesê. Gelukkig is ons nie almal so nie. Vir my is die Krugerwildtuin die ongelooflikste stuk erfenis waarvan ek nie genoeg kan kry nie.


Wanneer ek in die wildtuin ingaan, voel dit vir my ek is die naaste aan die eerste aarde. My hart klop stadiger, en alles waarby ek verby ry is soos ‘n skildery. Die vorm van die bome, die draai van die voëls hoog bo in die lug, die troupante met hulle prag, die rooibokkies wat orals in groepies opduik, alles is so absoluut uniek. Dat ek daarvan deel kan wees vir ‘n paar dae is so groot voorreg.


En as jy nog in ‘n bus klim saam met ‘n klompie vriende wat net soos jy voel, dan oorweldig die wonderwêreld van die wildtuin jou in een oomblik!


13 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page