post

Stellastraat Blitsnuus 10 Oktober 2019

Anton Pienaar
2019-10-14 07:25:00


Goeiedag,

Die ergste droogte in 100 jaar!

Dit is vandag wyle Oom Paul se verjaarsdag - mag die ou gesegde waar word, dit is nóú die tyd dat die reën moet kom! Ons dink aan mens en dier in groot dele van ons land wat aan die ergste droogte in 100 jaar blootgestel is. Dit is pynlik om die lyding en vernietiging te aanskou. Tydens Sondagaand se Adoramusdiens gaan ons die droogte-swaarkry van ons mense en hulle afhanklikes in gebed aan die Here opdra.

* Kliek op die teks om die volle artikel te lees.


Sondag se eredienste

Die 08:30 erediens word deur Prof Sias Meyer gelei. Die 10:00 erediens word deur Anton gelei uit die boek Nehemia, en die tema is Ek doen my deel. Lean en Lelanie Coetzee se tweeling Luken en Líebe word tydens die diens gedoop. Die 18:00 erediens word deur James gelei.

Die Adoramusdiens word deur Anton gelei met die aandoenlike teks uit Jeremia 29:1-7 as nadink-gedeelte. Ons gaan ook luister na die stem van Brian Terfel wat uit die oratorio van Mendelsohn gaan sing, en na die pragtige weergawe van die Pater Noster van Zden?k Lukáš, soos gesing deur die Johannesburgse Universiteitskoor.

Dankfees 2019

In dié week gaan elkeen van ons 'n brief van die kerkraad van Stellastraat ontvang. In die brief word ons gevra om 'n spesiale bydrae te maak op Hervomingsondag, 27 Oktober. Die gebruik van 'n jaarlikse dankfeesbydrae is aan die meeste van ons goed bekend. Sonder dié bydraes kan die gemeente se begroting glad nie klop nie! Baie dankie vir jou omgee in die verband vir die gemeente!

Ons het vergeet om die gemeente se bankbesonderhede op die dekblad te plaas wat in die koevert is, daarom doen ons dit hier. Rekeningnaam NG Gemeente Suidoos Pretoria, Tjekrekeningnommer by ABSA 540580022; Takkode 632 005.

Verbintenisgroep op wegbreeknaweek

'n Wonderlike geleentheid vir jongmense op hulle geloofsreis is wanneer hulle by die roetemerker van Verbintenis kom. By hierdie geleentheid bely die jongmense in die openbaar hulle geloof en verbind hulle hulself aan die Christelike geloofsfamilie en leefstyl. Om hulle vir hierdie roetemerker voor te berei gaan 16 jongmense, 3 volwasse groepleiers en Tienie hierdie naweek op 'n wegbreek na Sediba Kwela (naby Brits). Ons Verbintenisaand is 3 November.

Omdat Tienie hierdie naweek weg is, skuif ons die ouers@jeuggroepe na volgende week 20 Oktober. Ouers van kinders wat in die laerskool is, ontmoet vir Tienie na die 10:00 diens en ouers van kinders in die hoërskool ontmoet hom na die 18:00 diens.

Die Bybel in ons lewe

Woensdag 16 Oktober 09:00 lees ons tydens ons Bybelreeks die geboorteverhaal van Jesus soos dit in die Matteus-evangelie opgeteken is. Lees gerus die eerste twee hoofstukke van Matteus en kom dink saam oor die Joodse lyn en wêreld waarin die skrywer vir Jesus plaas. Oudergewoonte is ons in die konsistorie.

Die Soekligaande gaan in November weer hervat word.

Stellastraat se senior partytjie! Donderdag 24 Oktober 2019

Die spyskaart is ontwerp. Die musikante is aan't oefen. Die yskaste wat alles koel moet hou loop afwagtend. Al wat nou moet gebeur is dat die senior lidmate wat op Donderdag 24 Oktober die jaarlikse spitbraai-dankiesê viering gaan bywoon, moet laat weet hulle kom! Bel vir Sandra by die Kerkkantoor (0124608570).

Kuieraand saam met Esté Gross van RSG, Woensdag 13 November

Stellastraat gaan 'n heerlike kuieraand hou saam met Esté Gross van RSG. Tydens ons bottel- en bordaand van 13 November 2019, gaan Esté optree as musikant én spreker. Vir die wat nog nie weet nie, Esté is nie net 'n gewilde omroeper op RSG nie, maar is ook 'n befaamde musikant en rubriekskrywer.

Die tema waarop ons besluit het vir haar optrede is: Laat daar lig wees! Omdat sy die volgende oggend 05:00 by RSG op haar pos moet wees, gaan ons die aand stiptelik 19:00 begin.

Ongesteld

Lets Strauss van Machteld Postmus is in die Zuid-Afrikaanse hospitaal opgeneem.

Tertia de Jager van Huis Hersfblaar herstel na 'n skoueroperasie.

Nuwe lidmate

Baie welkom aan die volgende nuwe lidmate, Miemie Erasmus van Johannes Postmus 202, Mackenziestraat 225. Hendri, Liezel, Ava en Herco van Dyk van 174 Spyglass Hill Close, Sterrewag. Sunja Neuhoff van Bronkhorststraat 62, Groenkloof.

Stellastraatgroete


Scroll to top