
Advent beteken ‘koms’. In die volgende vier Sondae gaan ons elke keer ’n kers aansteek om voor te berei vir die ‘koms’ van die verlosser. Die geboorte van die Christus. Die vier adventskerse is reeds saam met die Christuskers voor in die kerk.

Eredienste
Eredienstye:
Sondag 15 Desember 2019
09:00 Erediens - Kerk - Anton Pienaar
18:00 Adoramusdiens - Kapel - Anton Pienaar

Neem vir jou ’n 2020 Stellastraatkalender!
Die 2020 Stellastraatkalender is vandag orals in die kerk te kry. As daar een kalender is wat deel van elke huishouding moet wees, is dit die een van Stellastraat. Neem asseblief een per gesin, dit is Stellastraat se Kersgeskenk aan jou!

Kerktoe - gaan in die vakansie - onthou die tye!
Al is daar krieket op Centurion, swaar reën in die ooste, kragonderbrekings, optogte in die weste, die eredienste in Stellastraat gaan aan tot ons nie meer kan nie. Elke Sondagoggend 09:00 in die kerk en elke Sondagaand 18:00 in die kapel. En op Kersdag...

Dienswillig in Stellastraat! Dink bietjie daaroor
Wil jy dit nie oorweeg om volgende jaar jou gewig by ‘ietsie’ in die gemeente in te gooi nie? Kom doen iets klein maar betekenisvol vir jou medemense in Stellastraat. Dit is hoe ‘n gemeente funksioneer – ons dien mekaar!
Ons is opsoek na lidmate...

Stellastraat Blitsnuus 6 Desember 2019
Goeie dag,
As daar een tyd is waarna die meeste van ons uitsien, is dit die somervakansie in Desember. En hier is hy nou! Dalk gaan ons na ’n lekker vakansiebestemming, of gaan die familie bymekaar kom en die niggies en nefies hulle bande versterk?...

Biblioteek
Alle boeke wat lank uitstaande is moet asseblief terug gebring word.

Nuwe lidmate
Indien jy ‘n lidmaat wil word, kan jy na die erediens die predikant by die Nagmaaltafel ontmoet en jou inligting in die Nuwe Lidmate boek invul. Jy kan ook die kerkkantoor skakel 012 460 8570.

Ons dink aan...
Leon Herbst wat in Little Company of Mary versorg word.
John Stanbury wat in Wilgers hospitaal verpleeg word.
Natalie Lubbe wat ook ongesteld is.
Fiona Steyn wat oorlede is. Die gedenkdiens is Woensdag 11 Desember 10:00 in die kapel.
Tannie...
Aankondiginge 1 September 2019
Aankondiginge 8 September 2019
Aankondiginge 15 September 2019
Aankondiginge 6 Oktober 2019
Aankondiginge 13 Oktober 2019
Aankondiginge 27 Oktober 2019
Aankondiginge 3 November 2019
Aankondiginge 10 November 2019
Aankondiginge 17 November 2019
Aankondiginge 24 November 2019
Aankondiginge 1 Desember 2019