top of page

EREDIENS

In Stellastraat is daar op ‘n gewone Sondag vyf eredienste. 

 

Die 08:30 erediens kan beskryf word as ‘n tradisionele erediens. 

 

Die 10:00 erediens is gerig op gesinne met kinders in die laerskool. 

​

Sondae middae 15:00 is daar ‘n erediens in Sotho.  Die Faith Community, wat ‘n ekumeniese groepering is, kom dan bymekaar.

 

Die 18:00 erediens in die kerk is gerig op gesinne met hoërskoolkinders, studente en jong werkendes. 

 

Daar is ook 'n meditatiewe erediens om 18:00 in die kapel, bekend as die Stilworddiens.

MEER OOR DIENSGROEP EREDIENS

 

In die erediens op die eerste dag van die week:

•    verheerlik en aanbid ons Hom aan Wie ons behoort; 

•    beleef ons ‘saamwees’ as die gemeenskap van gelowiges;

•    word ons toegerus om: 

       o    elke dag van ons lewe die Koninkryk van God te soek; 

       o    hulp en hoop in ons samelewing in te dra.

 

Vir hierdie soort eredienste word ons almal benodig – ons is daar en neem aktief deel.

 

Diensgroep Erediens is lidmate se geleentheid om by enigeen van die volgende terreine te dien:

  • Erediensversorging: 

    • Dankoffers inneem en versorg.

    • Nagmaal voorberei en bedien.

    • Wanneer ons erediens sitplekke nodig het, stoele uit te sit.
       

  • ​​​Gasvryheidsbediening:

    • Verwelkoming by die deure en plekaanwysing.

    • Aanbied van koffie, tee en die versorging van die koppies en bekers.
       

  • ​Musiekbediening - onderleiding van die Orrelis en Musiekleier by eredienste:

    • ​Begeleiding deur musiekinstrumente.

    • Deelname aan die sanggroep(e).

    • Tegnologiese hulp.

    • Beeldsending van die eredienste.

    • Klank en beeld versorging tydens eredienste, huwelike en gedenkdienste.

 

As jy jou gawes hier wil uitleef en hier jou diens wil lewer, skakel Ds Tienie Bosman by 083 627 5086.‬‬‬

  • Facebook - White Circle

NG KERK STELLASTRAAT © 2021

bottom of page