Aktiwiteite

Marita Roos - Digby U stil oggende
Die datums vir die volgende Digby U stil oggende by die kerk is op Vrydag 18 Oktober en Saterdag 2 November. Tyd: 09:15-12:15. Koste: Gratis of donasie in dankofferkis in die Kapel. Kontak Marita 082 878 0144 of marita.roos@netactive.co.za indien jy wil bespreek.

Rugbykoors het ook kleuters beet! Rugbytots is hier!

Al gehoor van die rugbytots-program? Jy kan jou klein kindjie laat deelneem aan ‘n baie oulike program wat kleuters hulle eerste gevoel van rugby gee. Dalk is dit ‘n wêreldstêr se eerste tree! Die lisensiehouers van die program kom vir ‘n paar...

Gee-jou-gawe-Omgeegroep

Die GJG-Omgeegroep kom op Woensdag 16 Oktober 2019 om 09:30 in die biblioteek bymekaar. Pragtige handgemaakte kaartjies is Sondae tydens teedrink in die binnehof te koop.

Selgroepe

Nuwe selgroepe vir jong paartjies elke tweede Woensdag aand om 19:00. Jongvolwassenes - selgroep, Donderdae aande om 19:00. Navrae: Fay van Eeden 083 478 0854.

Is jy swanger? Of die trotse ouers van ‘n baba, peuter of kleuter?

Ons wil graag begin met ‘n omgeegroep vir mammas, pappas en hulle kleintjies. Die dag, tyd en frekwensie van die byeenkomste sal deur die groep self bepaal word. Kontak gerus vir Fay 083 478 0854 of die kerkkantoor indien jy/julle sou belangstel.

Scroll to top