Dalk wik en weeg jy nou al lankal om deel van ‘n omgee-groep te wees. Maar jy weet nie hoe en waar nie. Jy weet ook nie mooi wat dit behels nie. Op Sondag 18 Maart, na beide die oggend-eredienste gaan ontmoet ons almal wat graag deel wil word van ‘n omgee-groep.
Dit is ‘n geleentheid vir mense wat nog nie aan enige sodanige groep behoort nie. Anton, Fanie en At sal u na die eredienste in die konsistorie ontmoet.
Indien jy nie die geleentheid kan bywoon nie, skakel gerus die kerkkantoor (0124608570) of vir Anton (0834588712) sodat ons van jou weet en vir jou inligting kan deurstuur.







