wie is ons

Ons is die NG gemeente Suidoos-Pretoria, wat in Augustus 1947 van die Ooskerk by Loftus Versveld afgestig het.  Deur die jare het Pretoria so uitgebrei dat ons lankal nie meer die suidoostelike punt van Pretoria is nie, en het ons besluit om bekend te staan as die Stellastraatgemeente.

Ons is ‘n gemeente met 2400 lidmate, 4 predikante en 1000 besoekpunte (besoekpunte is ‘n adres waar gemeentelede woon).  Ons probeer om nie toe te laat dat getalle ons keer om sterk op verhoudings te konsentreer nie; daarom doen ons moeite om net soos ons naam, die kerk-in-die-straat te wees.

Ons kerngebied is die ou ooste van Pretoria met voorstede soos Maroelana, Alphenpark, Hazelwood, Ashlea Tuine, Menlopark, Brooklyn, Waterkloof en Waterkloofhoogte.  Daar is ook heelwat lidmate van buite hierdie gebied wat hul geloof ten beste met Stellastraat se godsdiensbenadering kan uitleef.  Hierdie benadering kan die beste uitgedruk word met die volgende woorde:

Vry -   Ons is nie gevangenes van enige geheimsinnige wese of binding nie.  Ons is vrygemaakte mense.  Ons lewe is gelukkig, soos dit by vry mense hoort.

Lig -    Ons wil met ‘n ligte tred lewe.  Die swaar bagasie van sonde en oordeel is in die geloof deur Jesus van ons weggeneem.

Dien – Ons word geïnspireer om die wêreld waarin ons woon op te helder.  Ons is met graagte in diens van God, ons medemens en die skepping.

  • Facebook
  • Twitter
  • email
  • Google Bookmarks
  • Print
  • PDF

Praatjies wie is ons

  1. Retha-Louise Hofmeyr says:

    Geluk met julle oulike webwerf! Dit skep ‘n goeie idee van die vrolikheid, liefde en warmte wat mens by Stellastraatkerk beleef.
    Sterkte en net die beste wense vir julle almal daar.
    Liefde
    RL

Praat jou Praat

Jou email adres sal nie gepubliseer word nie. * dui verpligte inligting aan.

*

Enige van die volgende HTML kodes kan gebruik word: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>