Welkom Lourens en Anja!

Stellastraat sê welkom aan proponent Lourens van Deventer en sy vrou Anja. Die twee is vars uit die Laeveld terug waar Lourens sy gemeentejaar in die NG Gemeente Witrivier gedoen het, en Anja haar gemeenskapsjaar as dieetkundige aan die Rob Ferreira hospitaal in Nelspruit.

Lourens gaan vanjaar die musiek van die aanddiens lei, en ook as Jeugwerker in Stellastraat arbei. En natuurlik ook van die eredienste waarneem.

Lourens het sy skoolloopbaan op Tzaneen voltooi. Sy teologiese studie het hy aan die Universiteit van Pretoria gedoen. Anja is ook ‘n oud-Tukkie en haar hinterland is Ladysmith in Kwazulu-Natal. Ons hoop daar is binnekort ook vir haar ‘n pos in Pretoria!

  • Facebook
  • Twitter
  • email
  • Google Bookmarks
  • Print
  • PDF
This entry was posted in Algemeen. Bookmark the permalink.