Wat van dié wat agterbly? Bottel- en bordaand 11 Maart

Daar is omtrent nie ‘n mens wat nie hand opsteek nie. Wie het kinders wat in die buiteland bly? Wat dalk permanent daar gaan bly?

Op Woensdag 11 Maart gaan ons praat oor almal wat agterbly. Daar is so baie gesinne wie se kinders, ouers of familie na die buiteland ge-emigreer het. Wat gebeur met die wat agterbly? Dr Sulette Ferreira is ‘n kundige wat met emigrasie werk en het baie navorsing gedoen oor die onderwerp. Tydens die bottel-en bordaand van 11 Maart gaan Sulette vir ons vertel wat die afgelope dekade gebeur het, en hoe mense die weggaan van hulle geliefdes hanteer.

Scroll to top