Waar is Stellastraat se hande? Uitreiksondag 3 Maart

Aanstaande Sondag, 3 Maart, gaan Stellastraat se fokus op uitreik wees. As gemeente is ons by ‘n hele paar plekke wat hulp nodig het, betrokke. Dit is vir ons ‘n voorreg om te kan wees!

Ons gaan vir mekaar vertel en wys waar Stellastraat se hande doenig is. En geleentheid kry om na te dink. Is Stellastraat se fokus reg? Is ons intensiteit reg?

Op die dag gaan ons in die binnehof ‘n uitstalling van enkele van die projekte hê. Daar gaan ook in die eredienste gefokuste taal oor christengelowiges se verstaan van omgee en uitreik wees.
Daar is koeverte in die voorportaal van die kerk beskikbaar indien jy ‘n addisionele bydrae vir een van die projekte wil maak.

  • Facebook
  • Twitter
  • email
  • Google Bookmarks
  • Print
  • PDF
This entry was posted in Algemeen. Bookmark the permalink.