waar is ons

Ons kerkkompleks is geleë op die hoek van Stella- en Olivierstraat in Waterkloof


Stellastraat se kerkgebou is in 1956 voltooi.  Later is ‘n kerksaal bygebou aan die noordekant, maar die beperkte plek het dit moeilik gemaak om al die kerk se aktiwiteite by die kerk self aan te bied.  As voorbeeld: vir baie jare is die kategese Sondagoggende by die omliggende laerskole aangebied (praat van Sondagskool!).


In 2001 is daar begin om die kerkgebou te omskep in ‘n gemeentesentrum.  Ons is dankbaar vir die doelmatige geriewe wat deur die jare opgebou kon word.  Die kerkkompleks behoort aan die lidmate en daarom is enigiemand welkom om dit te gebruik.  Ter wille van goeie bestuur moet die geriewe bespreek word by die kerkkantoor (daar is soms fooie betaalbaar).  Die geriewe word ook aan buite-instansies verhuur wanneer dit nie bots met gemeente-aktiwiteite nie. Kliek hier vir beskikbare lokale en pryslys.


Stellastraat se Muur van Herinnering is in 2008 voltooi.  Daar is 750 nisse in die muur.  Belangstellendes vir die nisse kan die kerkkantoor kontak.


Die jongste toevoeging tot ons geriewe is die lushof, ‘n buite-kuierplek vir groot en klein wat in ons stad met sy wonderlike klimaat goed tot sy reg kom.

  • Facebook
  • Twitter
  • email
  • Google Bookmarks
  • Print
  • PDF

Praat jou Praat

Jou email adres sal nie gepubliseer word nie. * dui verpligte inligting aan.

*

Enige van die volgende HTML kodes kan gebruik word: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>