Vennootskap met Stella Artois – ‘n Kanonskoot gholfdag

Stellastraat se gholfdag op die baan van Pretoria  Buiteklub vind plaas op Woensdag 22 November.  En dit gaan ‘n kanonskootafslaan wees!  Almal slaan presies om 12h00 af.

Wanneer ons klaar is, kuier ons in die klubhuis met Pizzas en ‘n nuwe vennoot.  Stella Artois gaan ‘n druppel of twee borg vir Stellastraat.  Hoe gesellig kan dinge nie raak nie!

Ons het reeds 52 spelers wat ingeskryf het, maar ons kort nog ‘n paar litte!  Om die finansiële onkoste vir Pretoria Buiteklub te regverdig, moet ons ongeveer 100 spelers wees.  As daar nie genoeg Stellastraters is nie, dan gaan ons die kompetisie oopmaak vir ander lede.  Dus, maak vandag nog aanstaltes en meld aan!  Inskrywing vind by Stellastraat se kerkkantoor plaas.

Kontak vir Anton (0834588712) of vir   Nancy (0834075000) of Sonja by die kerk-kantoor (0124608570) as jy wil speel. 

Indien jy kans sien om ‘n prys te borg sal dit    wonderlik wees!

  • Facebook
  • Twitter
  • email
  • Google Bookmarks
  • Print
  • PDF
This entry was posted in Algemeen. Bookmark the permalink.