Vakature: Ontvangspersoon in Stellastraat

Daar is ‘n vakature vir ‘n ontvangspersoon in Stellastraat se kerkkantoor. Dit is net ‘n halfdagpos (08:00 tot 13:00). Van die persoon word verwag om die ontvangs te doen, die koordinering van die aktiwiteite in die kerksentrum, en om die skoonmaak van die kerksentrum te bestuur.

Hannalie, wat huidig die ontvangs doen, behou die res van die werk, maar daar het ‘n behoefte ontstaan dat sy moet fokus op die databasis van die gemeente (‘n groot kopseer vir ons!), die bestuur van die leraars se programme, asook die gemeente se kommunikasie.

Ons wil graag die pos vul op 1 April 2019. Aansoeke moet die kerkkantoor (admin@stellastraat.co.za) of vir James (james@stellastraat.co.za) nie later as 22 Maart 2019 bereik nie.

  • Facebook
  • Twitter
  • email
  • Google Bookmarks
  • Print
  • PDF
This entry was posted in Algemeen. Bookmark the permalink.