Toer na Oberammergau in 2020

Daar was navrae oor ‘n moontlike toer na die bekende passiespel wat elke tien jaar in die romantiese Bavariese dorpie Oberammergau opgevoer word.  Die volgende geleentheid is dus oor twee jaar.

Ons het ‘n voorlopige bespreking gekry vir ‘n groep van 24 persone 8-18 Julie 2020.  Die toer sluit ook besoeke aan bekende stede in die Oos-Bloklande in.  Ons gaan onder     andere besoek aflê en oorbly in Boedapest, Wene, Bratislava, Praag, Salsburg en Oberammergau.

Ons gaan ons beste doen om die aand in Wene ‘n Opera by te woon.  Hoe dan  anders!  Die kaartjies vir die passiespel is  volgens die toeragentskap baie goeie sitplekke.

‘n Voorlopige toerprogram is by Anton beskikbaar.  Afhangende van hoeveel        belangstelling daar vir so ‘n toer is, sal ons die reëlings en die toerprogram verfyn.   Kontak Anton by anton@stellastraat.co.za of 083 458 8712. 

  • Facebook
  • Twitter
  • email
  • Google Bookmarks
  • Print
  • PDF
This entry was posted in Onderlinge sorg. Bookmark the permalink.