Stellastraat verwelkom Fay en Peet van Eeden

Ek is lief vir die natuur. Ek en Peet is voëlkykers. Ek lees graag en is lief vir fotografie en kuns. Ek hou ook van goeie kos en lekker wyn. Dit is onder andere wat Fay van haarself gesê het in haar CV toe Stellastraat ‘n keuse moes maak vir ‘n vierde leraar – en haar toe gekies het! Ons gaan haar daarby hou!

Vandag verwelkom Stellatraat vir Fay en Peet van Eeden in die boesem van die gemeente. Ons glo en hoop, en ons gaan meehelp, dat hulle lewe in Stellastraat vir hulle van groot betekenis en ‘n plesierigheid sal wees.

Fay het in 1998 gematrikuleer aan die Hoërskool Garsfontein. Haar teologiese studie het sy aan die Universiteit van Pretoria aangepak. Intussen het sy ook ‘n MDiv-graad en ‘n MA-graad met lof geslaag, ‘n gevorderde kursus in spelterapie in Wellington gedoen, kursusse in spirituele begeleiding en narratiewe pastorale begeleiding voltooi en is tans besig met ‘n MTh-graad in teologie.

Na haar werk as pastorale hulp in die gemeentes Elarduspark en Bronkhorstspruit is sy in 2007 beroep as medeleraar van die NG Gemeente Nooitgedacht in Bronkhorstspruit. In 2011 word sy beroep na die NG Gemeente Lynnwood en in Februaruie 2019 word Stellastraat deel van haar lewensgeskiedenis.

Fay Clare (Coertze) is in Johannesburg gebore. In 2005 is sy getroud met Peet van Eeden, ‘n landskapsargitek. Hulle woon in Lukasstraat 505, Lukasrand. Haar selfoonnommer is 083 478 0854. Ons sê dit maar saggies, en sonder om minder van haar te dink, maar sy ondersteun die Blou Bulle.

  • Facebook
  • Twitter
  • email
  • Google Bookmarks
  • Print
  • PDF
This entry was posted in Algemeen. Bookmark the permalink.