Stellastraat sê dankie vir Marina

Vandag groet Stellastraat vir Marina. Marina het ‘n pos aanvaar by ons buurgemeente in Lynnwood. In Stellastraat kon ons nooit ophou praat oor Marina se pragtige stem nie. Sy het vele eredienste verryk met haar musikale gawe. Saam met haar musiektalente, was sy vir vyf jaar lank dominee op ‘n kontrakbasis in Stellastraat. Daarna was sy die musiekleier van die 10:00 en die 18:00 eredienste.

Stellastraat gaan haar gawes beslis mis! En natuurlik is haar en Fouché se twee liefdevolle kindertjies gebore in die tyd wat hulle aan Stellastraat verbonde was. Dit is reeds bekend dat Fouché intussen voltyds betrokke geraak het by die #Imagine-beweging. Die groet en dankwoord aan Marina sal tydens die 18:00 erediens plaasvind.

  • Facebook
  • Twitter
  • email
  • Google Bookmarks
  • Print
  • PDF
This entry was posted in Algemeen. Bookmark the permalink.