Stellastraat praat oor die 8 Mei-verkiesing

Daar is nie ‘n wegkruipplek vir Christene nie. Christene leef nie in ‘n aparte wêreld nie. Elkeen van ons is elke dag deel van die ‘harde’ werklikheid. Dit is in die werklikheid van elke dag, waar ons, ons christelike oortuigings behoort uit te leef.

Daarom het ons ‘n verantwoordelikheid om op 8 Mei deel te neem aan die verkiesing van politieke leiers. Ons is almal mede-skeppers van die wêreld waarin ons nou leef.

Om ons te help dink, het ons twee persone wat op die voorpunt van die inligting en kennis oor die politiek en ekonomie van die land, genooi om met ons as gemeente te kom praat. Liezel de Lange is Besturende Redakteur van Rapport en Ryk van Niekerk van RSG Geldsake en Moneyweb.

Hulle gaan hulle insig met ons deel oor wat moontlik in die verkiesing van 8 Mei gaan gebeur. En wat dalk nà die verkiesing in Suid-Afrika kan gebeur. Liezel gaan praat oor die politieke veranderinge wat die samelewing kan verwag, die grondkwessies en die magstryde. Ryk gaan sy kennis deel oor waarheen die ekonomie dalk kan beweeg. Is daar vrese of is daar hoop vir beleggers? Wat van ons pensioene en hoe lyk die toekoms vir armes én rykes in Suid-Afrika?

Dit is weer ‘n bring jou bottel- en bord- geleentheid. Woensdag 13 Maart 19:00 in die binnehof.

  • Facebook
  • Twitter
  • email
  • Google Bookmarks
  • Print
  • PDF
This entry was posted in Algemeen. Bookmark the permalink.