Stellastraat gaan diep delf in die Bybel

Twee unieke geleenthede om in die Bybel te delf. Dit is wat vir Stellastraters voorlê in die nuwe jaar. Die Bybel in ons lewe-aanbiedings van die verlede gaan ‘n nuwe kleur én ‘n mede-reisiger kry. In 2019 gaan ons die Sondagaande-aanbiedings noem Soekligaande. Onder leiding van James gaan ons ook kenners van buite nader trek en die soeklig fyn instel op spesifieke teologiese kwessies.

Die Woensdagoggend 09:00 – aanbiedinge bly Bybel-in-ons-lewe, maar dié gaan meer in die vorm van ‘n gemeentebybelstudie aangebied word. Tienie, Anton en Fay gaan die geleenthede lei. Ons gaan steeds die tekste kultuursensitief lees, maar ook probeer om almal te laat deelneem.

Die eerste kwartaal van 2019 se Bybel in ons lewe-aanbiedinge skop Woensdag 23 Januarie 09:00 af in die konsistorie. Ons gaan die evangelie van Johannes lees, en in die kwartaal fokus op die sogenaamde Ek-is-uitsprake van Jesus. Trek gerus jou Bybel nader en begin lees aan die Johannes-evangelie. Tienie gaan die die touleier wees in die eerste kwartaal.

Scroll to top