Spieëltjie aan die wand, wat is in Dominee Tienie se hand?

Die film oor die doen en lates van Dominee Tienie Benadé het ons almal aan die gons. Dié toegewyde dominee se lewe word van baie kante af belig in die film wat tans in teaters vertoon word. Terwyl ‘n mens na die fliek kyk, herken ons baie van die situasies.

Die vraag wat Dominee Tienie se vrou aan hom vra oor wie hy is, word eintlik ook ons vraag. Wie is ons? Wie is Stellastraat? Woensdag gaan ons lekker saampraat oor ‘n hele klomp van die situasies wat in die film uitgebeeld word.

Kom praat gerus saam! Ons gaan veral vir ons huidige dominees vra wat hulle van die temas in die fliek dink. Vir dié saampraat sien ons mekaar Woensdag 27 Februarie 2019, 19:00 in die binnehof. Dit is ‘n bring jou eie bottel- en bordaand!
Vrywaring: Dit is nie ons dominee Tienie waaroor ons praat nie, dit is die volk s’n!

  • Facebook
  • Twitter
  • email
  • Google Bookmarks
  • Print
  • PDF
This entry was posted in Algemeen. Bookmark the permalink.