Soekligaande in Stellastraat

‘n Nuutjie op vanjaar se gemeenteprogram is die Soekligaande. Die middelste maand van elke kwartaal (Februarie, Mei, Augustus en November) is daarvoor opsy gesit. Op Sondae aande gaan ons in uur byeenkomste (19:00-20:00) telkens ‘n teoloog kry om in diepte met ons oor ‘n Bybelboek te kom gesels. Ons is in die gelukkige posisie om vele kenners baie naby aan ons te hê en in 2019 gaan ons hulle inspan. Prof Sias Meyer skop die jaar af met die boek Levitikus.

Die tema van sy reeks is Onreinheid, versoening en heiligheid: Perspektiewe uit Levitikus oor die verhouding tussen God, mense en die lewe. Die eerste byeenkoms is op Sondag, 10 Februarie om 19:00 in die konferensielokaal (boonste lokaal van die Admingebou.)
Stuur asseblief ‘n SMS met jou naam daarin na 0828527947 as jy van voorneme is om die reeks by te woon. Ons het dit nodig om die lokaal en uitdeelstukke gereed te maak vir die geleentheid. Doen dit sommer nou!

  • Facebook
  • Twitter
  • email
  • Google Bookmarks
  • Print
  • PDF
This entry was posted in Algemeen. Bookmark the permalink.