Ou tradisie in nuwe gewaad – Aswoensdag 26 Februarie

Dit is nie ‘n tradisie in ons kerk om van Aswoensdag iets spesiaals te maak nie. In baie ander christelike tradisies is dit egter ‘n bekende en belangrike geleentheid.

Wanneer ons egter oor die betekenis van die dag dink, dan kan ons sê, dit (wat op Aswoensdag gebeur) is iets wat eintlik elke Sondag in ons kerk gebeur het. Elke Sondag tydens die erediens het die dominee die wet gelees en die gemeente het kans gekry om hulle lewe in die wet te spieël, en dan was daar geleentheid om ‘n lied van berou te sing.

Op Aswoensdag kyk ons in die spieël. Ons kyk nêrens anders as na ons eie lewe nie. Ons dink en besef opnuut hoe gebroke ons is. Hoe geneig is ons om met wat ons doen, in die kwade te gaan leef? Vir baie christengelowiges is dit belangrik om eers jou ‘verlorenheid’ te besef, voordat jy regtig die waarde van Jesus se lyding kan begryp.

Stellastraat se Aswoensdagdiens is Woensdag 26 Februarie 19:00 in die kapel, en vanjaar word dit deur James gelei.

Scroll to top