Senior lidmate – 24 Mei – Wat het die lewe vir Pik Botha geleer?

Dis waar, oud-minister Pik Botha (86) is die gas van die senior lidmate op ons byeenkoms van 24 Mei in die binnehof.  Mnr Botha, wat bekend is as ‘n charismatiese persoonlikheid en ‘n politikus wat ‘n deurslaggewende rol in die Suid-Afrikaanse geskiedenis gespeel het, het ingestem om op dié dag saam met ons te kuier en sy gedagtes oor wat die lewe hom geleer het, met ons te deel.

Om die dag verder in te kleur gaan daar ‘n biltongsop, ‘n soet broodjie en baie lekker tee wees.  As jy dalk gewonder het wat jy op daardie dag gaan doen, dan weet jy nou!  Soos altyd is die geleentheid oop vir ieder wat dit graag wil bywoon.  Kan ons net vra dat jy ‘seblief die kerkkantoor sal laat weet sodat ons kan weet hoeveel keer daar vir die vermeerdering van die brood gevra moet word!  Soos gewoonlik begin ons byeenkoms 10:00.

  • Facebook
  • Twitter
  • email
  • Google Bookmarks
  • Print
  • PDF
This entry was posted in Onderlinge sorg. Bookmark the permalink.