post

Bybel in ons lewe

Anton Pienaar
2019-07-15 10:04:00


Ons murmureer steeds saam met Job.
Wat met Job gebeur het is tog nie regverdig nie? Gestel dit gebeur met jou en my ook – ons probeer ons bes om soos goeie volgelinge van Jesus te leef, maar Jesus verlaat ons. Jy word geteister deur ‘n klomp ellende wat jy ‘nie verdien nie’. Wat gaan ons reaksie wees? Gaan ons steeds glo?

Eerskomende Woensdag, 17 Julie, sit ons die leesreeks oor Job se lewensstryd voort. Ons gaan Job 22-27 lees wat die derde reeks gesprekke van Job met sy vriende is – uitgesluit Sofar die keer. Was God regtig billik teenoor Job? Het God nie in dié verhaal die knie gebuig voor die Satan nie? Lees gerus die gedeelte en kom dink Woensdag 09:00 saam met ons oor die moeilike vrae.



Scroll to top