post

Danville Gesinsdag

Fay van Eeden
2019-05-13 10:31:00


Sondag 2 Junie

* Kliek op die teks om die volle artikel te lees.


Die Sondag net na die gemeentefees sit ons die partytjie voort met 'n oggend van pret en saamkuier by Laerskool Generaal Beyers in Danville.

Ons nooi 500 mense van die Danville gemeenskap om saam met ons kos te maak en te kuier, en dit is elke jaar 'n groot makietie!

Ons pak ook vooraf 120 kospakke vir gesinne om hulle deur die wintervakansie te help.

'n Kospak vir 'n hele gesin kos R800.

Jy kan ons help deur 'n kospak of 'n deel van 'n kospak te borg.

Indien jy 'n eft doen gebruik asb "Danville kospak" as verwysing.

Gesels met Fay (083 478 0854) as jy meer wil weet van hierdie jaar se Danville gesinsdag.


Scroll to top