post

Ouers ervaar iets van jeuggroepe

Tienie Bosman
2019-04-09 11:51:00

Volgende Sondag 14 April word al die ouers genooi om deel te wees van die jeuggroepe. Dit is Palmsondag en ons wil die ouers die geleentheid gee om saam met hulle kinders die Groot Lydensweek te begin. Tydens die junior jeuggroepe wat net na die 10:00 diens is, gaan die laerskool jongmense en hulle ouers palmkruisies maak. Die senior jeuggroepe (hoërskool jongmense en hulle ouers) gaan na die aanddiens ‘n Paasmaaltyd saam beleef. Enige ouer wat met die paasmaaltyd kan help in terme van skaapvleis of om te help met die voorbereiding moet asseblief vir Laetitia 082 823 2603 of Lourens 072 040 7378 kontak.



Scroll to top