post

“Besoek die stasies” op Groot Lydensweek

Anton Pienaar
2019-04-08 16:34:00

Daar is hierdie jaar tydens die Groot Lydensweek geleentheid om saam met miljoene gelowiges regoor die wêreld die Stasies van die kruis meë te maak. Gelowiges van verskeie tradisies maak al vir duidende jare hierdie gedenkroete meë.


Daar sal verskeie stasies of belewenispunte wees wat op simboliese wyses die gebeurtenisse van die Groot Lydensweek uitbeeld. Elkeen van die stasies bied die geleentheid om aan die hand van 'n toepaslike skrifgedeelte en kunswerke die Groot Lydensweek te beleef. Die stasies, wat in die lushof gaan wees, sal van Maandag, 15 April tot Donderdag, 18 April, elke dag van 07:00 tot 19:00 oop wees. Jy kan enige tyd die stasies besoek en solank daar vertoef soos jy wil.


Scroll to top