post

Jou hande kan ‘n verskil maak in Mamelodi-Oos

Anton Pienaar
2019-04-08 16:32:00

Saterdag 13 April gaan Stellastraat met sy hande en teenwoordigheid na Mamelodi-Oos gemeente om ‘n verskil te maak. Oud en jonk is welkom!


Wat beplan ons om te doen? Drie goed. Die aanbring van 'n inligtingsbord by die gemeente. Die verf van opvoedkundige prente op die mure van die gemeente se kleuterskool. Die verf en opsit van swartborde in die kleuterskool se speelterrein.

Ons vertrek 08:00 vanaf Stellastraat en sal weer 14:30 terug wees. Veilige parkering is by Mamelodi-Oos gemeente beskikbaar. Ons gaan saam middagete eet. Om te verseker dat ons vir jou regmaak vir middagete moet jy asseblief teen 11 April vir die kerkkantoor of Fay laat weet dat jy saam wil gaan.


Scroll to top