post

Kardoesmark by Machteld Postmus

2019-04-08 16:10:00

Die bejaardes van Machteld Postmus Kompleks hou weer ‘n KARDOESMARK, Saterdag 1 Junie 2019 van 08:00 - 13:00.


Enige bydraes, of dit 'n pakkie suiker, pakkie meel, blikkie bakpoeier, dosyn eiers, versiersuiker of 'n bottel olie, enige bestandele vir gebak sal baie welkom wees. Enige afval wol en geskenkies is welkom vir die tombolatafel asook boeke.

'n Skaap sal baie welkom wees of enige vleis, net nie 'n bees nie, ons sal nie weet wat om daarmee te doen nie!

Bestandele kan by die kerk afgelewer word, ons kan dit kom afhaal. U kan bestandele by ons adres ook aflewer. Kontant bydraes kan in ons rekening inbetaal word.

Skakel ons bestuurder Jo-Mari Haarhoff 012 346 2418 072 634 7273 of Mev Corrie Lubbe 083 780 4750 dan gee ons vir u die bankbesonderhede.


Scroll to top