post

Bottomless Coffee is oppad! 16 Mei 2019

Anton Pienaar
2019-04-08 16:35:00

Daar gaan goeie koffie, lekker peuselhappies, mooi mense en baie mooi musiek in Stellastraat wees op Donderdag 16 Mei!

Dit is wanneer die Kaapse rock/folk groep Bottomless Coffee Band by ons optree. Die uitstekende musikante het ‘n soort klank wat byval vind by alle generasies.

‘n Vrolikheid en ‘n kwaliteit wat jy vêr sal soek om te kry! Alle ouderdomme is welkom, maar natuurlik glo ons dat ‘n groot klomp van ons jong volwassenes, studente en almal wat jonk van gees is, die geleentheid sal bywoon.

Kaartjies, in die vorm van ‘n coaster (wat is die regte Afrikaanse woord!), sal van volgende week teen R200 per persoon by die kerkkantoor beskikbaar wees.

Die coaster gaan jy saambring om jou wynglas op neer te sit, want jy gaan jou eie wyn bring!



Scroll to top