post

Rugbykoors het ook kleuters beet! Rugbytots is hier!

Anton Pienaar
2019-10-14 07:10:00


Al gehoor van die rugbytots-program? Jy kan jou klein kindjie laat deelneem aan ‘n baie oulike program wat kleuters hulle eerste gevoel van rugby gee. Dalk is dit ‘n wêreldstêr se eerste tree! Die lisensiehouers van die program kom vir ‘n paar weke – vanaf 17 Oktober – ‘n weeklikse program aanbied in Stellastraat. Donderdae-oggende 10:00. As jy meer wil weet, kontak gerus vir Anna Maria (jnr) via André Laas 082 450 2250.



Scroll to top