post

Bybellees

Anton Pienaar
2019-10-14 06:58:00


Ons Woensdae Bybellees-program gaan op Woensdag 16 Oktober weer begin. In dié kwartaal se reeks gaan ons die geboorteverhaal van Jesus in die boek Matteus lees. Waarom het die Jode ‘n messias verwag, en waarom het Matteus so hard probeer om aan te toon dat Jesus van Nasaret die verwagte messias is?

Wat beteken dit dat Jesus die messias is (vir ons vandag)?



Scroll to top