post

Dan Kriek kom praat oor grond en onteiening

Anton Pienaar
2019-08-19 09:41:00


Een van die warmste onderwerpe tans in Suid-Afrika is onteiening sonder vergoeding. Veral met betrekking tot landbougrond. Dié idee maak sommige mense kwaad, maak sommige mense moedeloos, maak ander mense opgewonde, laat die filosowe onder ons redeneer, en die kerk lê ook af en toe ‘n eier oor die saak.

* Kliek op die teks om die volle artikel te lees.


Een van die persone wat die naaste aan die besluitnemers oor die saak is, is Dan Kriek, president van AgriSA. Dan het groot geword in Stellastraat. Sy moeder Anette was jare lank Stellastraat se orrelis en sy vader is steeds een van ons gewaardeerde lidmate en vriend. Huidig is Dan nie net aktief in landboupolitiek nie, maar 'n voltydse boer in die Tweeling-distrik in die Vrystaat.

Wat gaan die uiteinde van die debat oor grond wees? Gaan die gespek oor onteiening oorspoel na stadseiendomme? Hoe gaan dit die waarde van mense se bates raak? Donderdag 19:00 in die binnehof kom Dan sy insig en oortuiginge met ons deel.

Soos die gebruik gevestig is, maak ons daarvan 'n bottel- en bordaand. Bring gerus jou eie ietsie te ete en te drink en kom vra jou vrae.


Scroll to top