post

Kunsteaand - 28 Augustus 2019

Anton Pienaar
2019-08-19 09:40:00


Woensdagaand 28 Augustus 19:00 gaan die kunste blom in Stellastraat. En die gaan gebeur in die binnehof. Francois Wessels kom die aand lei. Francois is ’n lidmaat van die NG Gemeente Waterkloof. Hy is ook ’n pastorale berader en ’n beeldhouer.

Tydens die geleentheid gaan hy nie net oor sy eie kuns praat nie. Verskeie Stellastraters wat ook kunstenaars is, gaan saam deelneem. Neels Jackson (fotografie), Johan Wannenburg (poësie), Maricus le Grange (musiek), Amora Nel en Tharina Odendaal (skilderkuns) gaan ook hulle bydraes maak. Die geleentheid is ‘n bottel- en bordaand. Elkeen bring sy eie kos en drinkgoed en ons kuier lekker saam!



Scroll to top