post

Stellastraat se jonges verdryf die winter op meer as een manier!

Fay van Eeden
2019-07-22 08:49:00


Die sop, sjerrie en kaalwoorde vir Stellastraat se jongmense was toe sommer baie lekker. En natuurlik was daar ‘n oog of twee wat ouer was! Ané Kotzé (Kaalwoorde) het van haar gedigte voorgelees terwyl Seugnet Rossouw van Origins vertel het van die wyne wat sy maak.

Om toegang tot die byeenkoms te kry, moes jy ‘n kombers saambring! Die komberse gaan deur Diensgroep Uitreik uitgedeel word daar waar die grootste behoefte geïdentifiseer word. Indien daar nog ‘n spaar kombers êrens rondlê kan jy dit gerus by die hopie kom plaas!



Scroll to top