Pinkster 2018 – ‘Totdat Christus in julle gesien word’

Vanjaar se Pinksterweek is van 13-20 Mei.  Vanjaar gaan Anton en Tienie die reeks saam aanbied.  Hulle het koppe bymekaar gesit oor die brief van Paulus aan die Galasiërs.  Hulle gaan probeer om die brief in sy historiese konteks te verstaan: wat het Paulus bedoel met vrygemaak, waarom moet medegelowiges mekaar help, wat word bedoel met ‘n lewe deur die Gees en waarom moet ons aan almal goed doen?

Soos gewoonlik is daar ‘n oggendgeleentheid, 09:00 in die kapel, vir die wat nie graag in die aand wil uitgaan nie.  Na die oggendbyeenkomste het Toy Minnaar vir ons ‘n lekker kuierverversing in die binnehof.  Die aandgeleenthede is 19:00 in die kerkgebou.  Na die aandbyeenkoms is daar sop en brood in die binnehof.  Nogmaals dankie vir al die Omgeegroepe en individue wat help met die sop en brood vir die aandgeleenthede.  Die sjerrie is ‘n bonus! 

  • Maandag:        Dan is vryheid meer as verlossing –  Anton
  • Dinsdag:         Dan bepaal die Gees ons gedrag –  10ni
  • Woensdag:     Dan dra ons mekaar –  10ni
  • Donderdag:   Dan is ons goed vir almal –  Anton
  • Facebook
  • Twitter
  • email
  • Google Bookmarks
  • Print
  • PDF
This entry was posted in Algemeen, Erediens. Bookmark the permalink.