Pinkster 2018 – ‘Todat Christus in julle gestalte kry’

Vanjaar se Pinksterweek is van 13-20 Mei.  Die gebruik die afgelope paar jaar is dat ons van die Maandag tot die Donderdag Pinkstergeleenthede hou.  Soggens is daar 09:00 ‘n aanbieding in die kapel vir die wat nie graag in die aand wil uitgaan nie.  Die aandgeleenthede is 19:00 in die kerk-gebou.  Na die aandbyeenkoms is daar sop en brood in die binnehof.

Vanjaar word die Pinkster deur Anton gelei (hy soek nog na medewerkers!)  Die brief van Paulus aan die gemeente in Galasië word gebruik as basis vir ons denke.  Ons gaan probeer om die brief in sy historiese konteks te verstaan: wat het Paulus bedoel met vrygemaak, waarom moet mede-gelowiges mekaar help, wat word bedoel met ‘n lewe deur die Gees en waarom moet ons aan almal goed doen (uitreik)?

Maandag 14 Mei               Vrygemaak  (Gal 5:1)

Dinsdag 15 Mei                 Dien mekaar  (Gal 5:13)

Woensdag 16 Mei             ‘n Lewe deur die Gees  Gal 5:25)

Donderdag 17 Mei            Doen aan almal goed  (Gal 6:10)

Sondag 20 Mei                  Todat Christus in julle gestalte kry (Gal 4:19)

  • Facebook
  • Twitter
  • email
  • Google Bookmarks
  • Print
  • PDF
This entry was posted in Erediens. Bookmark the permalink.