Palmsondag 25 Maart 2018

Spesiale orrelprogram

Op 25 Maart, die Sondag voor Goeie Vrydag, gaan daar ‘n spesiale orrelprogram in ons kerkgebou aangebied word.  Verskeie orreliste uit Pretoria het ingestem om aan die spesiale geleentheid, wat deur Maricus gereël word, deel te neem.

Die doel van die program is om aan Margaret Vandervegt, wat hoof is van die musiekkonservatorium vir kerkmusiek, erkenning te gee.  Margaret het onlangs ‘n beroerte gehad en werk hard om haar gesondheid weer terug te kry.  Meer besonderhede oor die inhoud van die program sal later gegee word, maar orrelliefhebbers moet asseblief sorg dat Palmssondag 25 Maart 15:00 vasgeknoop is.

  • Facebook
  • Twitter
  • email
  • Google Bookmarks
  • Print
  • PDF
This entry was posted in Algemeen. Bookmark the permalink.