Oop vir die Oomblik

As ‘n dooplidmaat van die gemeente is ek dankbaar vir my vorming, vir my naïwe ‘bubble’ wat gebars moes word oor die wolke-Hemel.  Ek moet erken my wortels was nogal uitgetrek met: ‘Gaan bou maar die ark, daar pas nie twee olifante in nie’.  Kyk, hier word ons gekonfronteer met die ware koninkryk: die toets van welvaartsteologie.

Stellastraat het ‘n baie brawe logo, Vry, Lig en Dien, maar gemaklik is dit nie, jy moet kom aanmeld.  Dit skep by my ‘n angstigheid, ‘n ‘fear’, my wens is vir ‘n geloofsgemeenskap, waar mens hoort en geborge voel.

Deel van die Ring waaraan ons behoort is daar die Sentrum vir Spiritualiteit, met ‘n ‘ongelooflike’ kursus: Oop vir die Oomblik.  Dit komplimenteer Stellastraat en breek die oomblik vir mens oop, en glo my, dis nie     oppervlakkige kitsoplossings nie, dis ‘n        lewensingesteldheid, ‘n bewuswording van God se koninkryk in elke oomblik, in elke Stellastraat lidmaat, teedrinkgeleentheid,  kaartjie-aksie, kerkdiens, uitreik, Israeltoer, bottel-en-bord aande en die ontdekking van ‘n ware geborgenheid – die Hemel in die nou.

Die kursus lei jou om met jou ‘issues te deal’, niks onder die mat in te vee nie, ‘ja’ vir al jou gedagtes.  Jy ontdek ook die ware jy: ‘God dwells within you, as you’.

Ons spring weg aan die begin van volgende jaar met drie opeenvolgende Donderdae en daarna een Donderdag ‘n maand, die kerkkalender sal jou ook herinner.  Klein fooitjie betrokke.  Willem Nicol en Immanual van Tonder bied dit by Lynnwood aan.

Oop vir die Oomblik se logo is ‘n veer (vs fear). 

The feather flew, not because of anything in itself, but because the air bore it along”.  “Thus am I, a feather on the breath of God’.

 

–  Hildegard von Bingen  –  Letitia Wannenburg

 

  • Facebook
  • Twitter
  • email
  • Google Bookmarks
  • Print
  • PDF
Posted in Soos ek dit sien | Comments Off on Oop vir die Oomblik

Rooi is nie goedkoop nie

Granate in Jerusalem is volop.  En hulle is bloedrooi en baie lekker.  “Daar is 613 pitte in ‘n granaat, net soveel as die wette wat die Jode in Jesus se tyd moes onderhou” sê iemand vir my, “op ‘n vorige toer het die gids dit vir ons vertel”. Bygeloof bloei ook in Jerusalem.

‘n Reis deur die godstad is reis deur rooi.  Ek kon my verdrink aan die heerlike bloedrooi granaatsappe.  Orals te kry in goedkoop plastiekglasies. Dit is nie al rooi wat in Jerusalem is nie.  Die rooi van bloed is die stad se onderlaag.  Die kleur van sy vel.

Die mens se ewige stryd om te heers, is ‘n tafereël in Jerusalem.  Jy voel dit aan.  Die adamante, die wrang, die bloed gaan-weer-vloei is teenwoordig in die nou gangetjies met sy malende mense.  Al is jy ‘n toeris, die onheilspellende is vreemd aanvoelbaar. Die jong Palestyn pers die granaatsap sonder emosie en opkyk uit op sy granaatpers.  Hy doen dit vinnig en byna geweldadig.

Op die plein van Antonius, diep onder die vasberadenes en bygelowiges en granaatperse, verbeel ek my die bloeddruppels van Jesus nadat hy ‘n doringkroon gekry het.  En ek verbeel my Abraham wat hoor God vra sy seun se bloed.  En vir Dawid wat die Jebusiete se bloed en grond eis om ‘n tempel vir sy God te bou.  Die stilte op die ou Romeise vloer is misleidend, want volgens die eerste eeuse geskiedskrywer Josefus kon jy geen erger bloedverspilling gekry het as in tyd toe die tweede Joodse tempel en sy mense in 70nC vernietig is nie. Granaatsap is nie goedkoop nie.  Nie vir toeskouers nie.  Die Palestyn prop die dollars in sy geldlaai en stap vinnig weg.

Dis ou bloed en nuwe bloed, daar waar ons loop.  In die Yad Vashem Holocaust-museum is daar om elke draai ‘n gedempte treur oor die Joodse bloed binne die mure van Dachau en Auschwitz.  Dis pynlik om te hoor en te sien.  Nie vêr daarvandaan word ‘n  nuwe muur gebou wat Oos-Jerusalem probeer weghou – om minder bloed te ervaar sê hulle.  Granate groei in Oos- en Wes-Jerusalem.  Rooi granate.  Die woede kook.  Die vasberadenheid kook.  Ek sluk die granaatsap met gulsige teue.  Dis lekker.  Dalk hou die wêreld van bloed.

Ironies.  Een nag, volgens oorlewering, het engele in dié landstreek kom sing oor vrede wat na die wêreld gekom het toe ‘n kind gebore is.  Die kind, wat dalk ook rooi granaatsap gedrink het, het uiteindelik sy bloed ook vir Jerusalem gegee.  Jerusalem is rooi, van granaatskap en bloed.  Rooi is nie goedkoop nie.

–  Anton Pienaar

  • Facebook
  • Twitter
  • email
  • Google Bookmarks
  • Print
  • PDF
Posted in Soos ek dit sien | Comments Off on Rooi is nie goedkoop nie

Soos ek dit sien – Oor God en materie

Moenie so materialisties wees nie.”  Dis ‘n boodskap wat ons gereeld as Christene hoor en preek.  Ons bedoel natuurlik daarmee dat ons nie behep moet wees met besittings en ons vertroue moet plaas op aardse dinge nie.  Maar dalk is dit goed om bietjie die materialisme af te stof – in lig van die heersende verbruikerskultuur is ‘n gesonde materialisme dalk net wat ons nodig het!  Die probleem met die verbruikerskultuur is dat dit nie materialisties genóég is nie.  Dit vervlak mense se verhouding met materiële dinge en maak dit vlietend en kortstondig.  Dit is dus nie soseer dat mense hul vertroue in aardse dinge plaas nie, maar dat hulle voortdurend losgemaak word daarvan, sodat hulle nuwe dinge kan begeer en kry.  Ou besittings moet plek maak vir nuwe besittings, vergane begeertes met nuwe begeertes.  “As ons groter waarde geheg het aan die dinge wat materieel is, sou ons nie so daarmee gemors het nie”, skryf Ernst Conradie onlangs in ‘n artikel.

Die geskiedenis wys dat die Christelike geloof in dieselfde slaggat getrap het deur die siel belangriker as die liggaam te beskou, die hemel belangriker as die aarde geag het en die kerk belangriker as die wêreld aangeslaan het.  Dis hartseer, want die Christelike geloof lê juis, meer as omtrent enige ander godsdiens, klem op dinge wat materieel is.  Die skeppingsverhaal vertel immers dat God, nadat alles geskep is, na die skepping kyk en sê: “Dit is goed”.

Wat is gesonde materialisme?  Vir kinders van God beteken dit om opnuut te leef met die bewustheid dat God teenwoordig is in die dinge waaraan ons kan vat en voel en ruik en sien en gebruik.  Hopelik laat dit ons nadink oor die manier waarop ons gebruik, en weggooi, en herwin.  En koop.  En vervang.  En eenkant laat lê.  Mag ons materiële Christene wees wat God raaksien in alles om ons, en daarom God se skepping met waar digheid hanteer.

 

 

–  Fouché de Wet

  • Facebook
  • Twitter
  • email
  • Google Bookmarks
  • Print
  • PDF
Posted in Soos ek dit sien | Comments Off on Soos ek dit sien – Oor God en materie

Met ‘n huppel in die stap!

Die dryfkrag agter Huppel in my stap, dr. Karel Prinsloo, kom saam met die senior lidmate kuier Donderdag 17 Augustus 10:00 in die Binnehof. Karel, wat ook redakteur van die tydskrif Plus50 is, gaan ‘n bietjie met ons praat oor die lewe en energie wanneer ‘n mens afgetree het. Hoe en wat kan ons doen? Watter planne kan ons aak? Hoe maak jy jou lewe sinvol na aftrede?

Hoewel die geleentheid vir senior lidmate is, is al die aspirante ook welkom!

 

  • Facebook
  • Twitter
  • email
  • Google Bookmarks
  • Print
  • PDF
Posted in Algemeen | Comments Off on Met ‘n huppel in die stap!

Soos ek dit sien – Wat ‘n vriend

“Juffrou, niemand wil met my speel nie. Ek het nie ‘n maatjie nie.” Mari vertel dikwels hoe moeilik dit vir die kleintjies is as hulle voel hulle het nie maats nie. Ek kan my indink. Jy is by die groot skool en jy is alleen. Nie lekker nie. Dit is waar vir ons almal. In die groot skool van die lewe moet jy maatjies hê. Familie en vriende is waarskynlik twee van die belangrikste groeperinge wat ons lewens vol en ryk kan maak en ons help om die houe van die lewe te vat wanneer dit kom. Dit is ongelukkig heel maklik om hierdie waarheid te verontagsaam en aan te gaan met jou lewe. Daar is elke dag baie om te doen en tyd bestee aan vriende word maklik ‘n luukse. Veral as jou vrou nog jou beste vriendin ook is, ontdek jy op ‘n dag dat jy jou vriende verwaarloos het. Dit is dom. “Dwaas”, sou Spreuke sê.

Dit was dié soort gedagtes waarmee ek my op ons lang vlug terug van die VSA besig gehou het. Ons kuier saam met ou vriende wat spesiaal Boston toe gery het sodat ons kon saamkuier, was vars in die geheue. Vriende wat alles van jou weet en nogtans van jou hou. Wat verstaan wie jy is sonder dat jy iets hoef te verduidelik. Al het ons in verskillende rigtings gegroei en al is ons nie meer dieselfde as 30 jaar gelede nie, is die gedeelde verhaal steeds daar. Die begrip vir mekaar kom so maklik. Ek het besef hoeveel ons hulle mis en hoe ons lewens armer sonder hulle is. ‘n Mens moet vriende nooit as vanselfsprekend aanvaar nie. Nie net die wat ver weggetrek het nie, maar ook die wat rondom jou is. Dit is opvallend hoe hoog die Spreukeboek vriendskap aanskryf. Veral die vriend wat jou ‘n eerlike antwoord gee en by wie jy steeds veilig voel.

Ek is dankbaar dat ‘n gemeente ook ‘n ruimte is waar ‘n mens kan vriende hê al het ons in ons tyd geleer dat dominees nie in die gemeente mag vriende hê nie! Kan jy glo?!

En nog meer merkwaardig is die feit dat ons in die kerk kan sing “Wat ‘n vriend het ons in Jesus.”

James Kirkpatrick

 

  • Facebook
  • Twitter
  • email
  • Google Bookmarks
  • Print
  • PDF
Posted in Algemeen | Comments Off on Soos ek dit sien – Wat ‘n vriend

Soos ek dit sien – ‘n Kwynende kerk?

Die afgelope week was vier NG gemeentes van die ou ooste van Pretoria bymekaar om hulle wel en wee met mekaar te deel. Stellastraat was een van die kwartet. Die ander was Lynnwood, Universiteitsoord en die Engelsprekende NG Kerk in Pretoria, naamlik Andrew Murray.

Vir my was die byeenkoms oor die drie aande, bekend as ‘n Ringsitting, maar min of meer soos elke jaar s’n. Elke gemeente vertel ‘n bietjie van sy blink gedagtes en doen en late, en murmureer oor aspekte wat nie so goed loop nie. Al vier gemeentes het omtrent dieselfde soort openbarings gemaak. Opgewonde oor nuwe venote. Bekommerd oor minder mense.

Daar was een saak wat my hartklop op gejaag het. Die NG kerk het die afgelope amper 200 jaar ‘n reputasie opgebou nie net as ‘n vreeslose kerk nie, maar as ‘n doen-kerk. Vreesloos omdat ons nie bang is om standpunte in te neem nie, of ons dit nou omstrede is of nie. ‘n Doen-kerk omdat die NG Kerk sedert 1824 saam met die Suid-Afrikaanse samelewing gegroei het en ‘n beduidende rol gespeel het in dit wat in die land tot stand gekom het.

Continue reading

  • Facebook
  • Twitter
  • email
  • Google Bookmarks
  • Print
  • PDF
Posted in Algemeen | Comments Off on Soos ek dit sien – ‘n Kwynende kerk?