Senior lidmate Donderdag, 25 Oktober 11:00 – Spitbraai, soetigheid en Franse musiek

Ons jaarlikse spitbraai vir senior lidmate vind volgende Donderdag, 25 Oktober 11:00, hier in ons kerkkompleks plaas. Die wat al hier was, sal weer hier wees, want hulle weet dit is ‘n onmisbare lekker geleentheid!

Die dag word ingevul met heerlike skaapvleis wat deur Tienie, Johan en Saal vertroetel is. Aangevul met pampoenkoekies, aartappelgereg, roomys en sjokoladesous uit die Minnaar-kombuis. En James en Anton is die kelners wat die glasies gaan volhou. Kom sit net aan, want tussen-in is dit Maricus en Natasha C wat ons gaan streel met musiek uit die Wes-Europa.

As jy voel jy moet hier wees, dan voel jy reg! Jy is welkom! Maar, laat weet asseblief die kerkkantoor voor Dinsdag 23 Oktober 12:00 dat jy gaan kom sodat ons vir jou ook ‘n stoeltjie kan nader trek!

  • Facebook
  • Twitter
  • email
  • Google Bookmarks
  • Print
  • PDF
Posted in Algemeen | Comments Off on Senior lidmate Donderdag, 25 Oktober 11:00 – Spitbraai, soetigheid en Franse musiek

Dankfees en hervorming – Menswees is ‘n genadige oomblik

Aanstaande Sondag, 28 Oktober 2018, is dit Hervormingsondag. Ongeveer 80 miljoen aardse bewoners wêreldwyd beskryf hulleself as gereformeerdes. Hulle verstaan dat hulle menswees ‘n genadige oomblik is, dat God in sy wese liefdevol is, en dat hulle lewens dankbaarheid en vreugde moet weerspieël.

En soos altyd, is dit die dag waarop ons in Stellastraat Nagmaal vier en nadink oor hoe ons identiteit. Ons vier ons verstaan van wat dit beteken om lig en vry te leef. En, op die dag dien ons met ons jaarlikse spesiale bydrae. Daarvoor het ons elkeen ‘n koevert ontvang – jy kan jou bydrae daarin plaas en Sondag kerk toe bring. Of jy kan jou bydrae elektronies maak.

Dan is dit ook weer die geleentheid om saam met die gemeente te kuier. Vir die wat wil, daar is ‘n lekker vuur vir braai, elkeen bring sy mandjie eet- en drinkgoed en ons kuier van 12:00 af saam in die lushof.

  • Facebook
  • Twitter
  • email
  • Google Bookmarks
  • Print
  • PDF
Posted in Algemeen | Comments Off on Dankfees en hervorming – Menswees is ‘n genadige oomblik

Donderdag 25 Oktober 2018 om 11:00 – Spitbraai met ‘n Franse geur!

Die lekkerste kuier van die hele jaar! So reken baie van ons oor die jaarlikse spitbraai vir senior lidmate. En ons gaan ons beste doen om te sorg dat dit vanjaar weer so sal wees!

En vanjaar kry die kuier ‘n Franse geur en kleur! Maricus en Natasha C gaan ons harte sag maak met Franse musiek uit die hart (Musique du Coeur!). ‘n Week hart het nie baie weerstand nie. Die finale oorrompeling gaan kom deur sagte skaapvleis en die doodskoot deur middel van pampoenkoekies en romerige roomys. Vir die wat die ondraagliklikheid nie meer kan hanteer nie, sal daar koue witwyn wees. Jy sê jy wil nie daar wees nie? Jy maak seker ‘n grap.

Al ons senior lidmate en almal wat voel hulle is nou nagenoeg, is welkom om ons jaarlike spitbraaikuier te kom meemaak. Al wat jy moet doen is om jou teenwoordigheid by Hannalie by die kerkkantoor te bevestig en jou plek is bespreek! Donderdag 25 Oktober 11:00!

  • Facebook
  • Twitter
  • email
  • Google Bookmarks
  • Print
  • PDF
Posted in Algemeen | Comments Off on Donderdag 25 Oktober 2018 om 11:00 – Spitbraai met ‘n Franse geur!

Hervormingsondag 28 Oktober 2018 – Elke dankfeesbydrae help

Dit is nooit vir ons ‘n verleentheid om in Stellastraat oor geld te praat nie. Ons doen dit net een maal per jaar, en bloot net om ons almal daaraan te herinner.

Dankie vir almal wat uit hulle harte en hulle beursies dit moontlik maak dat Stellastraat as ‘n gemeente kan bestaan en ‘n rol speel in die samelewing. Dit is ‘n voorreg om deel van dié gemeente te kan wees.

Elkeen van ons gaan in die week ‘n Dankfeeskoevert kry. Dit is die gebruik om elke jaar tydens die Hervormingsfees ons Dankfeesbydraes na die kerk te bring. Op grond van die vorige jaar het die kerkraad begroot dat ons R780 000 gaan inkry met die dankfees. Ons het die bedrag nodig om ons jaarlikse begroting van inkomstes en uitgawes te laat klop.
Dankie dat jy gaan help daarmee. Elke klein bietjie help!

  • Facebook
  • Twitter
  • email
  • Google Bookmarks
  • Print
  • PDF
Posted in Algemeen | Comments Off on Hervormingsondag 28 Oktober 2018 – Elke dankfeesbydrae help

Beroepsvergadering 21 November 2018 – Proses vir die volgende leraar is aan die gang

Dit sal Stellastraat se 20e voltydse dominee wees. Stellastraat het as selfstandigde gemeente in 1947 tot stand gekom.  Die gemeente is genoem Suidoos-Pretoria omdat dit toentertyd die mees suidoostelike woongebied in Pretoria was.

Intussen het Pretoria na die ooste ontplof en gebruik ons nou die bekende straatnaam Stellastraat as identiteitsaanduider.

Die gemeente het die afgelope 71 jaar reeds 19 voltydse predikante in diens gehad. Daar was heelwat ander wat op ‘n deeltydse basis betrokke was of as lidmate in die gemeente gewoon het.

Aansoeke om die 20e voltydse dominee van Stellastraat te wees word ingewag. Besonderhede oor die vereistes en die gemeente se profiel kan by die kerkkantoor verkry word. Die aansoeke sluit 5 Oktober. Die kerkraad het ‘n pre-advieskommissie aangewys wat die aansoeke moet fynkam en ‘n kortlys van moontlike kandidate gereed hê op Maandag 15 Oktober. Tydens die vergadering gaan daar besluit word watter van die kandidate genooi sal word om hulleself beter bekend te stel.

Die pre-advieskommissie gaan die gesprekke met die kandidate voer en ook bykomende huiswerk doen. Die kommissie sal dan sy aanbeveling van drie voorkeurkandidate aan die kerkraadsvergadering op 21 November voorlê. As alles volgens plan verloop sal dié vergadering ‘n beroep op ‘n nuwe predikant vir Stellastraat uitbring.

 

  • Facebook
  • Twitter
  • email
  • Google Bookmarks
  • Print
  • PDF
Posted in Algemeen | Comments Off on Beroepsvergadering 21 November 2018 – Proses vir die volgende leraar is aan die gang

Dante se Il Paradiso in Afrikaans 19 September Die siel se reis na die hemele

In Dante Alighieri’s se epiese gedig “Divine Comedy” beland hy in die eerste deel in die hel, in die tweede deel in die vagevuur, en in die derde deel in die hemel. Die hemel word uitgebeeld as ‘n klomp sirkels rondom die aarde. In wese handel die derde deel oor die siel se reis na sy bestemming by God.

Prof Cas Vos, ‘n oud-leraar van Stellastraat, het groot gedeeltes van die derde deel van Dante se gedig uit Italiaans in Afrikaans vertaal. Die titel van die vertaling is: Dante se Il Paradiso – ’n wonderwerk.

Op Woensdag 19 September tydens ons boek-en fliek bespreking gaan Cas kom vertel van die vertaling.

Hennie Maas het ‘n video van die vertaling gemaak en die voorlesing word deur Dawid Minnaar gedoen. Iemand se reaksie op die video is: “Watter pragtige beelde, die Universum in al sy raaiselagtigheid én skoonheid, en dan die voordra van die gedigte.” Dawid Minnaar se voorlesing is ontroerend en briljant. Die visuele beelde is aangrypend.

Dante Alighieri het van 1265 tot 1321 geleef. Hy het die Il Paradiso (die paradys) in ballingskap geskryf. Sy tyd was ‘n tyd van korrupsie, afguns, magsbeheptheid en kwaad doen. Klink dit nie bekend nie?

Dit is die eerste keer dat die epiese gedig in digvorm in Afrikaans beskikbaar is. Die reis na die paradys open verrykende perspektiewe vir hierdie lewe en die na-lewe.

Kom beleef dit saam.

  • Facebook
  • Twitter
  • email
  • Google Bookmarks
  • Print
  • PDF
Posted in Algemeen | Comments Off on Dante se Il Paradiso in Afrikaans 19 September Die siel se reis na die hemele