Op 3 Maart gaan ons uitreik dink

Stellastraat se gesindheid en betrokkenheid teenoor ‘lewe’ daarbuite gaan Sondag 3 Maart onder die vergrootglas geplaas word. Dié dag is ons jaarlikse uitreiksondag. Hoewel ons deur die jaar by verskillende instansies en projekte betrokke is, skuld ons dit mekaar om ‘n geheelbeeld te kry.

Wat doen Stellastraat waar? Doen ons genoeg? Doen ons nie dalk te min op verkeerde plekke nie? Wie is ons? (na aanleiding van die Dominee Tienie-fliek).

Inligtingsbriewe en koeverte word aan almal van ons versprei, en op die dag gaan daar in die binnehof visuele aanbiedings wees van waar Stellastraat betrokke is. Kom ons dink oor ons betrokkenheid en neem saam verantwoordelikheid.

  • Facebook
  • Twitter
  • email
  • Google Bookmarks
  • Print
  • PDF
This entry was posted in Algemeen. Bookmark the permalink.