Ons moeder vra ons aandag

Die aarde en alles wat daarop, daarbo en daarin is, is aan ons gegee as ons woonplek.  Ons ekosisteem. Maar ons ekosisteem is nie gesond nie.  Daaroor waarsku verskillende instansies en individue ons al hoe meer.  Die lug daarbo word al hoe vuiler, gevaarlik vuil.  Die water daarin word skaarser.  En die water wat oor is, word toe-nemend toksies.  Die mens daarop word te veel.  Hulle word soos ruspes wat nie na bo kan kyk nie, en alle waardes oorboord gooi net om te oorleef.

As Christene behoort ons die aarde met respek te behandel. Nie net omdat ons bang is vir die toekoms nie, maar omdat ons respek het vir die huis wat aan ons geleen is.  Daarom het ons die week van 6-10 September aangewys as Stellastraat se ekologie-week.  Ons gaan besin oor ons aarde.  In dié week gaan ons saam dink oor wat ons kan doen om die aarde teen misbruik te help.  En ons gaan mekaar help om ingelig te wees oor wat met die ekosisteem gebeur, en hoe dit ons lewenspatroon in die toekoms gaan raak.

  • Facebook
  • Twitter
  • email
  • Google Bookmarks
  • Print
  • PDF
Hierdie blad val onder Uitreik. Om die skakel te stoor, kliek hier.

Praat jou Praat

Jou email adres sal nie gepubliseer word nie. * dui verpligte inligting aan.

*

Enige van die volgende HTML kodes kan gebruik word: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>