Sun Sparrows is ‘n kleuterskool in Sunnyside, en Stellastraat het al baie goeie bande gebou met hierdie skooltjie. Ons het al paar keer in die verlede op ‘n Vrydag-middag by hierdie skool gaan kuier om die kleuters vir ‘n uur of twee besig te hou en te bederf. Met hulle taai handjies en snot-neusies kruip hul diep in jou hart in en maak hul elke keer ons besoek daar die moeite werd. Vrydag, 27 Augustus gaan ons weer saam hierdie kindertjies gaan speel en ons nooi jou uit om saam ons te kom! Die video gee al die besonderhede. Vir verdere navrae kontak Corlia (0764360383) of Coen (0822667769). Ons kom 13:30 by die Kerk bymekaar en vetrek dan van hier.
“Break my heart for what breaks Yours!”







